Jesaja 66:13
‘Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos…’
– God se vertroosting vloei voort uit Sy medelye en liefde vir jou.
– ’n Moeder weet hoe om haar kind op ’n unieke manier te troos.
– Net so weet God presies hoe om jou te troos.
– Die Here self is gereed om jou te troos en te versterk.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my persoonlik ken en presies verstaan wat ek nodig het. Dankie vir U liefde, sorg en die troos wat net U kan gee. Amen.