Jesaja 26:4
‘Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is ‘n ewige rots.’
– Jy kan op die Here staatmaak.
– In God het jy ‘n vesting, ‘n skild en ‘n ewige rots.
– Hy is die rots van alle eeue en Hy is ook jou rots van sterkte en veiligheid.
– Vertrou vir ewig op die HERE; Hy sal jou beskerm.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek altyd op U kan staatmaak. U is die Here my God, op Wie ek kan vertrou en U is die ewige rots waarop ek kan staan. Amen.