2 Petrus 1:4
‘waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het,’
– Ons kan aan die beloftes van God vashou en glo.
– God se Woord is gevul met vele beloftes wat alle aspekte van die lewe insluit.
– Wanneer Hy belowe om ons nooit te verlaat nie, kan ons seker wees dat Hy met ons is.
– Sy beloftes skenk ons hoop vir vandag en moed vir môre.
Gebed: Vader, ek kies om aan U beloftes oor my lewe, vas te hou. Ek bid dat U oor U Woord sal waak om dit in my lewe uit te voer. Ek sien uit na die vervulling van hierdie beloftes terwyl ek aanhou om op U te vertrou. Amen.