Jesaja 54:10
‘Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer.’
– Tye van wankeling en onsekerheid is deel van die lewe.
– Geen mate van wankeling kan die beloftes van God teenoor jou ongedaan maak nie.
– Sy liefde vir jou sal nooit wankel of uit jou lewe wyk nie
– Uiteindelik sal Hy jou daardeur bring en jy sal Sy vrede ervaar.
Gebed: Vader, dank U vir alles waarvan ek in die lewe seker kan wees; U onfeilbare liefde vir my en U belofte van vrede. Vul my met U vrede en raak my lewe aan met U onwrikbare liefde teenoor my. Amen.