1 Timòtheüs 4:10
‘…omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.’
– Dit is wonderlik dat ons, ons hoop op die Lewende God kan plaas.
– Hy tree in om hoop en redding aan alle mense te bring.
– Hy doen dit omdat elke mens vir Hom waardevol en spesiaal is.
– As Sy kind en een wat ‘glo’ is dit veral waar vir jou.
Gebed: Vader, ek plaas vandag weer my hoop en vertroue in U, my Here en my God. Ek glo in U, en daarom het ek hoop en die versekering dat U vir my omgee en dat U my sal dra en onderhou. Amen.