‘Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.’
– Ten einde wil die Here jou lewe kom rig.
– Ons kan planne maak op die lewenspad, maar die Here wil die koers bepaal.
– HY weet wat die beste vir ons is en Hy sal sorg dat dit gebeur.
– Volg dus die visie wat God vir jou gegee het en verwag dat Hy jou voetstappe sal rig.
Gebed: Vader, vandag dra ek my lewe in U bekwame hande op. U weet wat U vir my voorberei het, en terwyl ek die pad volg wat voor my gestel is, kom asseblief en beheer, lei en rig my voetstappe. Amen.