‘Die Here jou God is by jou,…’
– Jou wonderlike God, en jou liefdevolle Hemelse Vader is nou met jou.
– Jou Almagtige God, jou Rots deur die Eeue, is met jou.
– Hy is nie ver weg nie, of afsydig en onbewus nie.
– Hy weet, Hy gee om, en Hy is met jou.
Gebed: Vader, hoe gerusstellend is dit nie om te weet dat U hier met my is nie. Ek bid dat hierdie wonderlike feit vir my meer waar sal word as die feite waarmee ek elke dag gekonfronteer word. Mag dit die rots word waarop ek staan. Amen.