‘Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.’
– Jy is ‘n welbehae en ‘n vreugde vir die Here, jou God.
– Onthou: die Here jou God is met jou.
– Herinner jouself dat Hy magtig is, en dat Hy jou kan red.
– Rus verseker van Sy groot liefde en sorg teenoor jou.
Gebed: Vader, dankie dat U nou op hierdie oomblik, reg hier met my is. As ek rondkyk en sien wat rondom my aangaan, besef ek dat dit nie vergelyk met wat in my aangaan nie. Vanuit my innerlike wese herken ek U liefde en sorg vir my. Amen.