‘Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. ….’
– In hierdie wonderlike tyd van die jaar, onthou ons, ons Koning wat na ons toe gekom het.
– Jou Koning sal jou nie verlaat of versaak nie.
– Jy kan begin juig want Hy betree jou wêreld.
– Hy is jou Verlosser, jou Here en jou Koning.
Gebed: Vader, ek kies om my te verheug en dankbaar te wees. U het my gedra, en U het my ondersteun. Ek ontvang u teenwoordigheid en u goedertierenheid vandag in my lewe.. Amen.