‘of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God…’
– God se liefde vir jou is die een ding waarvan jy kan seker wees.
– Dit wat ons moet hanteer mag oorweldigend voorkom, maar dit is nie.
– Sy liefde en deernis bly altyd daar vir jou.
– Nou, op die oomblik, kan niks jou van Sy liefde skei nie.
Gebed: Vader, ek besef vandag dat U liefde vir my ewig duurend is. Ek kies om in U liefde te lewe en ek besef dat niks wat ek moet aandurf, U ewigdurende liefde vir my verander nie. Amen.