‘Hy wat selfs Sy Eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?’
– Die Here is ‘n goeie Vader wat Sy liefde vir jou aan jou wil wys.
– Hy weerhou nie Sy goedertierenheid nie, maar Hy stel dit vryelik aan jou beskikbaar.
– Elke goeie en volmaakte geskenk in ons lewens, kom uit Sy hand.
– Alles wat ons verder nodig het, is Hy in staat om te voorsien.
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde en barmhartigheid teenoor my. Ek herken dat U die Bron van alles is, waarna ek verlang en nodig het. Dankie dat U my vryelik gee dit wat ek nodig het, en ek verklaar dat U hand dit wat ek nodig gehad het, voorsien het. Amen.