‘Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.’
– Die Goeie Nuus is dat die Here in ons swakheid kom en vir ons hoop gee.
– Hy weet wanneer die tyd ‘net reg’ is en dan tree Hy in en draaie dinge om.
– Wanneer ons sy kruisdood en wat Hy vir ons gedoen het onthou, vier ons hoop.
– Maak nie saak hoe ‘uiters hopeloos’ ons situasie mag wees nie, Hy is ons hulp en ons antwoord.
Gebed: Vader, dankie dat U na die wêreld gekom het om te sterf en U lewe as ‘n offer vir my te gee. Ek besef dat U al is wat ek nodig het en ek onthou met dankbaarheid die prys wat betaal is. Amen.