‘En sonder om te verswak in die geloof het hy…’
– Abraham se geloof, vertroue en sekerheid in die Here het nie verswak nie
– Omstandighede kan ons vermoei, maar dit kan ons ook inspireer om in ons geloof te groei.
– Hoe meer onmoontlik dinge lyk, hoe groter sal die wonderwerk wees.
– Staan vas en moenie toelaat dat iets jou geloof verminder nie.
Gebed: Vader, vandag besef ek dat ek deur dit alles, leer om U meer te vertrou. Ek leer om op U te vertrou en afhanklik van U en u Woord te word. Ek verklaar dat my geloof in U sterk is en dat dit nie sal verswak nie, maar dit sal sterker word. Amen.