‘…maar ook wandel in die voetstappe van die geloof …’
– Ons stap ‘n pad in hierdie tyd, en dit is ‘n wandel van geloof.
– Ons moet God vir elke dag en vir die toekoms vertrou.
– Soos ‘n kind wat in sy vader se voetspore wil tree, moet ons dieselfde doen.
– Loop dus die pad van geloof en nie op die pad van twyfel en vrees nie.
Gebed: Vader, dankie vir vandag. Net soos baie geloofshelde die weg van geloof geloop het, so wil ek ook hulle voorbeeld volg en in die voetspore van die geloof stap. Amen.