‘En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.’
– Die wêreld probeer om ons in die vorm en patrone van die wêreld te druk.
– Die druk om aan die wêreld gelykvormig te word is altyd teenwoordig in ons lewens.
– Maar ons is geroep om ‘n ander soort en ‘n God-gesentreerde lewe te lewe.
– Om so te kan lewe, moet ons gedagtes voordurend vernuwe word.
Gebed: Vader, ek bid dat U my sal verander sodat my gedagtes en dit wat ek glo vernuwe sal word. Help my om nie net in te gee en aan die wêreld gelykvormig word nie, maar mag ek in my denke vernuwe word sodat ek dinge uit U perspektief sal sien. Amen.