‘As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik U vertroostinge my siel’
– Ons leef in ‘n tyd waarin mense angstige gedagtes het wat binne hulle vermenigvuldig.
– As ons so voel, tree die Here in om ons te troos en ons hoop te vernuwe.
– Gee Hom die bekommernisse wat jou snags wakker hou.
– Die Here is die antwoord en die genesing vir al jou twyfel en vrese.
Gebed: Vader, ek bid nou dat U my hart sal kom troos. Kom deur U Heilige Gees en oorweldig my twyfel en vrees met U hoop en vreugde. Ek vra dat U sal sorg vir alles wat my bekommerd maak. Amen.