‘As ek dink: My voet wankel — dan ondersteun U goedertierenheid my, o Here!’
– Ons moet ons nooit van ons Here en Verlosser losmaak nie.
– Hy is ons Rots en ons Sekuriteit wanneer dit lyk asof dinge wankel.
– Jou God is gereed om jou te ondersteun en jou van die afgrond af terug te trek.
– Sy onfeilbare liefde sal verseker dat jy nie gly en val nie.
Gebed: Vader, dankie dat ek tot U kan uitroep as ek voel dat dinge buite beheer raak. In U liefde, barmhartigheid en genade, sal U uitreik en my gryp en ek sal in staat wees om te staan in die krag wat U my gee. Amen.