‘En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie velaat nie, o HERE!’
– Om die Here te ken, is om op Hom te kan vertrou.
– Ons vertroue en afhanklikheid van God groei uit ons verhouding met Hom.
– Terwyl jy, jou verhouding met die Here ontwikkel, sal jou vertroue in Hom groei.
– As jy op Hom reken en Hom vertrou, sal Hy jou nooit verlaat nie!
Gebed: Vader, Ek besef vandag dat dit absurd is om nie op U te vertrou nie, want ek weet dat U getrou en opreg is, en daarom kan ek volkome op U staatmaak en vertrou. Amen.