‘Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.’
– Laat ons in ‘n wêreld waar slegte nuus rondom ons is, onthou hoe goed God is.
– In Sy goedertierenheid is Hy altyd bereid om vergifnis aan ons aan te bied.
– Sy onfeilbare liefde teenoor ons ken geen perke nie.
– In Sy groot liefde vir jou, sal Hy jou help en verlos!
Gebed: Vader, ek lig my oë bo die probleme, en ek kyk na U, my getroue en my liefdevolle Hemelse Vader. U is my Helper, en U is die Een wat my omring met U onfeilbare liefde. Amen