‘Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk…….’
– Die kuns om te luister is iets wat in ons lewens ontwikkel moet word.
– Ons moet antisipeer, verwag en luister vir die oomblikke wanneer HY praat.
– As die Here spreek, praat Hy troos en vrede in ons harte.
– Wees vasberade dat jy sal luister om te hoor wat Hy vir jou sê.
Gebed: Vader, dankie dat ek as U kind, die reg en die voorreg het om U stem te hoor en U met my te hoor praat. Ek bid dat U, U vrede in my hart en situasie sal spreek. Amen.