‘En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn?’
– Twyfel in wat God vir ons kan en wil doen, sal ons van ons vertroue beroof.
– Moenie sy getrouheid bevraagteken nie, ongeag hoe moeilik dinge mag wees.
– Onthou dat daar geen ‘as’ by die Here is nie, net ‘Hy kan’.
– Die Here kan meer doen as wat jy ooit kon vra of dink.
Gebed: Vader, dankie dat U KAN doen wat nodig is in my situasie. Dankie dat wanneer ek nie die moed kan vind om ‘n splinternuwe begin te maak nie, U my die moed kan gee wat ek nodig het. Amen.