‘Ek wil die Here loof na sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.’
– Dankbaarheid is iets wat in ons harte begin.
– Dit is ‘n houding wat sê: ‘God was goed, en ek is so dankbaar’.
– As ons dink dat ons selfgemaak is, mislei ons onsself net.
– Want God is die Een Wie alle dinge moontlik maak.
Gebed: Vader, ek herken vandag hoeveel ek U in my lewe nodig het. Ek kies om in afhanklikheid van U te leef, en daarom is ek dankbaar. Dankbaar, omdat U goed is, en omdat U my ‘n hoop en ‘n toekoms gee. Amen.