‘Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp!’
– Die Here is elke dag met jou om jou te dra en te onderhou.
– Hy hef jou op en dra jou laste.
– Niks is vir Hom te moeilik om te dra nie.
– Kom ons dank en loof Hom wat ons in Sy arms kan dra.
Gebed: Vader, ek loof en dank U vandag omdat U my met U weldade oorlaai. U is met my om my op te hef en om my te dra. Amen.