‘Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!’
– Ek en jy is ontwerp om ons rus in God te vind.
– Ons behoort in God te rus terwyl ons wag dat Hy namens ons optree.
– Ware hoop wag vir God om op te tree, en dit neem nie die saak in eie hande nie.
– Wees dus verwagtend en rustig, en laat jou hoop en verwagting in Hom wees.
Gebed: Vader, ek kies om te rus en op U met rustige en veilige geloof te vertrou. U is my hoop, en my verwagting is dat U alles sal doen wat U beloof het. Amen.