‘My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.’
– Dink aan hierdie wonderlike gedagte: ‘My God sal met my staan!’
– Jou getroue en liefdevolle God sal met jou wees en Hy sal met jou staan.
– Sy plan en doel vir jou lewe is om jou by ‘n plek van oorwinning te bring.
– Jy sal kan terug kyk en Sy almagtige hand in jou lewe sien.
Gebed: Vader, dankie vir U onfeilbare liefde vir my. Dankie dat ek vandag veilig kan staan, omdat U met my staan en my die oorwinning gee. Amen.