‘…want die het my uit alle benoudheid gered, …’
– Die Here is jou Verlosser – die Een wat jou kan red.
– Die onvermydelike probleme van die lewe is nie te moeilik vir Hom om te hanteer nie.
– Trouens, Hy kan jou van AL jou probleme verlos.
– Hy is jou toevlug en jou krag, hardloop dus na jou Verlosser toe.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my is en dat U my Verlosser is. Ek vertrou U om my van al my probleme te verlos – selfs daardie onopgeloste dinge waarvoor ek U vertrou. Amen.