‘Waarom sou ek vrees in dae van onheil, …….’
– Die Here is met jou, jy hoef niks te vrees nie.
– Deur die eeue heen het die Here met diegene wat probleme ondervind, gewandel.
– Het Hy nie die leeus se bekke toegesluit toe Daniël in die leeukuil was nie?
– Moenie vrees nie – Hy sal dieselfde vir jou doen, ongeag wat jy in die gesig staar!
Gebed: Vader, dankie vir die gerusstellende feit dat U by my is. Daar is geen probleme en geen kwaad wat ek nie met U aan my sy kan oorwin nie. Ek sal vertrou en nie bang wees nie. Amen.