‘dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.’
– Moet nooit die rol wat die Here in jou lewe speel, onderskat nie.
– Hierdie God, die Een wat jou tot hiertoe gedra het, sal jou verlos.
– Hy is jou Here en Verlosser, en Hy bly vir ewig aan ons getrou.
– Hy sal jou lei, en selfs wanneer die aardse lewe verby is, sal Hy steeds met jou wees.
Gebed: Vader, dankie dat U altyd met my is. Ek kan vertrou, glo en weet dat Uvir ewig en altyd MY God is. Niks wat ek ooit deurgaan is vir U onbekend nie, en U sal altyd my gids wees. Amen.