‘’Laat staan en weet dat Ek God is– In die besige lewe is dit goed om ‘n oomblik te neem om dinge in perspektief te sien.
– Die lewe kan oorweldigend raak en ons aandag kan afgelei word en ons kan twyfel
– Hou ‘n oomblik stil en wees verseker dat God steeds God is.
– Met hierdie kennis kan ons die lewe met vertroue en vrede aandurf.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek afgelei word deur al die dinge wat tans rondom my en in die wêreld aangaan .Ek neem hierdie oomblik om ‘stil te wees’. Ek vra dat U die waarheid waarvolgns aan ek moet leef, weereens aan my moet openbaar, dat U God is! Amen.