‘Laat staan en weet dat Ek God is;…’
– Soveel stemme dring op ons aandag aan.
– In al die rumoer kan ons kies om stil te wees en op God te fokus.
– Ons kom dikwels in versoeking om in te spring en dinge self te hanteer.
– Laat ons volhard in die wete dat God nie verslaan sal word nie.
Gebed: Vader, mag ek in die bedrywigheid en die uitdagings van die lewe, nooit vergeet dat U God is nie. Ek bid dat U teenwoordigheid elke dag vir my ‘n werklikheid sal wees en dat U teenwoordigheid my die krag en deursettingsvermoë sal gee wat ek nodig het om U planne en doelwitte vir my lewe te vertrou. Amen.