‘Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van Sy aangesig!’
– Die grootste vreugde is om te weet dat God met ons is, tenspyte van die storm.
– As Hy met ons is, kan ons weet dat ons alles het wat ons benodig.
– Jy sal weer rede hê om die Here te loof terwyl jy aanhou om op Hom te vertrou.
– Moenie tou opgooi nie en moenie wanhoop nie – hoop en vertrou op Hom, Hy sal met jou wees.
Gebed: Vader, dankie dat U nou hier met my is. U teenwoordigheid is hier en daarom sal ek nie twyfel en vrees nie, maar ek sal hoop en glo. Amen.