‘Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God!’
– Ons moet doelbewus ons hoop en geloof op die Here plaas.
– Hoop is daardie geloof dat God vir ons ‘n deurbraak sal gee.
– Mag ek jou uitdaag om jou hoop op God te plaas?
– Hy kan donkerte in lig, bedroefdheid in vreugde en moeilikheid in oorwinning verander.
Gebed: Vader, ek neem vandag ‘n ernstige besluit om my hoop en vertroue op U te plaas. Wees die Here van my lewe en die Rots waarop ek staan. Amen.