Daaglikse Bybel Vers: Psalm 42:12a
‘Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? ’
– Daar is vele dinge wat kan kom en ons ontmoedig en onrustig maak.
– Ons word dikwels deur sulke uitdagende situasies en omstandighede geteister.
– Ons kan toelaat dat dit ons oorweldig of ons kan kies om die Here te vertrou.
– Een woord van die Here kan enige oomblik alles tengoede laat omdraai.
Gebed: Vader, ek praat met my eie siel en sê vir myself dat ek nie ontmoedig, onrustig of bedroef sal wees nie, want U is met my en ek sal U vertrou selfs terwyl ek nie verstaan nie. Amen.