‘Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel…’
– Jy hoef nie vir jou sekuriteit op ander dinge te steun nie.
– Jy kan eenvoudig op die Here jou God vertrou.
– Ten alle tye en in alle omstandighede is ons hoop en vertroue in Hom.
– En Hy sal jou seën wanneer jy aanhou om elke dag op Hom te vertrou.
Gebed: Vader, ek kies om op U te steun, op U staat te maak en vertroue in U te hê. Ek sien uit na die seën wat U in my lewe bring terwyl ek op U vertrou. Ek sal vertrou en nie vrees nie. Amen.