‘U, o Here, sal U barmhartighede van my nie terughou nie; laat U goedertierenheid en U trou my altyddeur behoed.’
– Die Here sal Sy tere barmhartigheid teenoor jou, nie terughou nie.
– Sy onfeilbare liefde sal altyd vir jou daar wees.
– Sy ewige trou sal voortdurend aanhou.
– Sy goddelike beskerming sal jou elke dag bonatuurlik beskerm.
Gebed: Vader, U is waarlik my liefdevolle God en my kosbare Hemelse Vader. U is vol tere barmhartigheid, onfeilbare liefde en voortdurende getrouheid. Ek is veilig en beskerm weens U almagtige krag en liefde vir my. Amen.