‘Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.’
– Daar is iets anders omtrent mense wat die Here vertrou.
– As ons op Hom vertrou, verander ons voorkoms.
– In plaas van wanhoop en hopeloosheid, is daar vertroue en vreugde.
– Moenie na jou omstandighede kyk nie, maar kyk op na Hom en Hy sal jou oplig.
Gebed: Vader, ek lig my oë bo die probleme wat rondom my is, en ek kyk op na U. U is my hoop, U is my redding en U is die Een wat kom en my kop oplig. Amen.