‘Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam Sy Naam verhef!’
– Ons moet onsself herinner aan hoe groot God is.
– Ons moet Hom grootmaak, en Hy moet groot word in ons harte en gedagtes.
– Daar is geen probleem of situasie wat vir Hom te groot is nie.
– Ons moet mekaar bemoedig met die wete dat Hy almagtig is.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek soms dink dat my situasie groter is as U vermoë om dit op te los. Ek besef dat U wonderlik is en dat niks vir U te moeilik is nie. Amen.