‘Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom.’
– Dit is ‘n wonderlike belofte om te weet dat God ons sal verlos.
– Probleme en uitdagings is alles deel van die lewe.
– Maar die Here sal ons nie verlaat nie, Hy sal ons verlos.
– Maak nie saak wat oor jou pad mag kom nie, Hy sal jou van alles verlos.
Gebed: Vader, U is my Verlosser. Ek skuif my aandag van die probleme en uitdagings wat ek moet hanteer en ek fokus op U, die Een wat my van alles verlos! Amen.