‘Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. ’
– Daar is baie dinge in die lewe wat vir ons ‘n gebroke hart kan veroorsaak.
– In die gejaagdheid van die lewe kan diegene wat verpletter voel, hulself in die skadu onttrek.
– Maar die Here sal jou soek en naby jou bly.
– Hy kan dit wat seergemaak, gebreek en verpletter is neem en dit genees en herstel!
Gebed: Vader, wat ‘n vreugde is dit nie om te weet dat U alles omtrent my weet nie. U ken die probleme en hoop wat diep binne my hart lê. U is naby my as ek op my laagste is en U tree in en red my. Amen.