‘Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ‘n vaste stad.’
– Om deur hierdie pandemie te leef, het gevoel asof ons onder beleg lewe.
– Maar selfs wanneer ons deur moeilike tye leef, kan ons Sy liefde ervaar.
– In der waarheid wil Hy hê dat ons die wonders van sy liefde in sulke tye moet geniet.
– Ontvang en geniet opnuut sy liefde, in hierdie uitdagende tye.
Gebed: Vader, dankie dat selfs wanneer ek soos ”n stad onder beleg’ voel, U gereed is om u liefde eerstehands te demonstreer en te wys. Ek bid dat U my die wonders van u liefde vir my, sal wys. Amen.