‘Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: U is my God.’
– Kom ons neem ‘n gehalte besluit om God te vertrou.
– Laat dit jou keuse wees en die verlange van jou hart.
– Hy is die Eenigste ware liefdevolle en getroue God.
– Laat dit vandag jou verklaring wees: ‘U is MY God!’
Gebed: Vader, ek verklaar dat U my God is. Ek sal op U vertrou en ek sal nie vrees nie, want U sal my nooit begewe of verlaat nie. Ek sal U met vertroue en verwagting nader. Amen.