‘Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.’
– Ons gaan wel deur seisoene van duisternis en probleme.
– Die vreugde is die wete dat daardie tye nie vir altyd duur nie.
– Eendag, op die vasgestelde tyd, sal dit eindig, en ons sal dit kan vier.
– Moet dus nie in die ‘nagseisoen’ leef nie, maar leef in afwagting vir die oggend wat kom.
Gebed: Vader, dankie vir die hoop op ‘n nuwe dag wat ek in U het. Ek sien met verwagting uit na die vreugde wat U vir my voorberei het. Ek verklaar dat u vreugde my krag gee, ongeag hoe donker die nag is. Amen.