Daaglikse Bybel Vers: Psalm 28:7
‘Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp;…’
– Die Here is die bron van albei natuurlike en geestelike sterkte.
– Hy gee ons Sy sterkte tenmidde van ons swakheid en moedeloosheid.
– Laat Sy sterkte die krag van jou hart wees maak nie saak wat jy moet hanteer nie.
– Moenie jou vertroue op dinge wat faal plaas nie, vertrou op Hom met jou hele hart.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek my hoop in die verkeerde dinge plaas. Ek kies om op U te vertrou, om op U staat te maak en in U te glo met my hele hart, en dan sal ek weet dat U my sal help. Amen.