‘Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd.’
– Dit is tyd om die deure van ons lewens oop te maak en die Erekoning binne te laat.
– Moenie alles in jou eie krag en vermoë probeer doen en oplos nie.
– Laat God toe om in jou lewe en in jou situasies in te kom.
– Hy is sterk en magtig en geen stryd sal Hom ooit oorwin nie.
Gebed: Vader, ek nooi U om in my lewe in te kom. Ek kan dinge nie op my eie hanteer nie, maar met U sterk en magtige teenwoordigheid kan ek oorwin en in oorwinning lewe. Dankie dat U vir die deurbraak sal sorg. Amen.