‘Hy verkwik my siel;…’
– Die welstand van jou hart en siel is vir God belangrik.
– Wanneer jy hartseer is, kom gee Hy jou Sy vreugde.
– Wanneer jy swak en moeg voel, kom Hy om jou te versterk en te vernuwe.
– Wanneer jy voel jy het ‘n laagtepunt bereik, kom hef Hy jou op.
Gebed: Vader, ek bid dat U my siel sal kom herstel. U is die Herder van my siel en ek vra U om herstel na elke aspek van my lewe te bring, want U is die Een wat my siel herstel. Amen.