‘Nou weet ek dat die Here Sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit Sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van Sy regterhand.’
– Oorwinning is deel van God se plan vir jou.
– Jou gebede en geroep na Hom reik tot in die hemele.
– Jou behoefte mag groot wees, maar Sy kragtige hand is nog groter.
– Wees bemoedig – verwag dat Hy jou sal verhoor en verlos.
Gebed: Vader, dankie dat ek, bo enige twyfel, kan weet dat U my hoor as ek roep. Dankie vir U oorwinnende en kragtige regterhand wat my elke dag ondersteun en onderhou. Amen.