‘Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.’
– Die Here is jou beskermende Skild.
– Hy ondersteun en dra jou met Sy hande.
– Terwyl jou hart op Hom vertrou, sal jy gehelp, gered en versorg word.
– Vertrou op sy krag en vermoë om jou te beskerm en bewaar.
Gebed: Vader, in ‘n onsekere wêreld en in ‘n wêreld vol potensiële gevaar en skade, sal ek op U staatmaak vir die beskerming wat ek nodig het. Dankie dat U vir my sorg en dankie vir U krag, wat my beskerm. Amen.