‘Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, Ja, my erfenis is vir my mooi.’
– Elke dag is ‘n geleentheid vir ons om die wonderlike dinge wat God vir ons gedoen het, te herken.
– Jy het’n wonderlike erfenis wat die Here vir jou voorberei het.
– Daar is nog soveel dinge wat die Here vir jou wil wys en vir jou wil doen.
– Begin om dit te vier en wees dankbaar, terwyl jy voortgaan om te sien wat Hy sal doen.
Gebed: Vader, ek verklaar dat U so goed vir my was en dat ek U genade en goedertierenheid teenoor my, alreeds ondervind het. Ja, ek het ‘n mooi erfenis in die Here, my God. Amen.