‘Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.’
– Dit is ‘n wonderlike vreugde om te weet dat ons toekoms in die Here se hande is.
– Ons hoef nie alles te laat uitwerk nie of om elke situasie op te los nie.
– Hy is in beheer en Hy is ons voorsiener en ons bron.
– Gee elke aangeleentheid, bekommernis en sorg vir Hom en Hy sal dit vir jou op los.
Gebed: Vader, ek plaas my lewe en my toekoms in U hande. U is my bron en ek sal u dop hou en sien hoe U my onderhou. Amen.