Daaglikse Bybel Vers: Psalm 146:3
‘Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.’
– Soms plaas ons, ons vertroue op die verkeerde plekke.
– Die Here is die enigste Een wat ons werklik kan red.
– Ons moet nie toelaat dat ons aandag deur ander ‘hulpbronne’ afgelei word nie.
– Die Here is die bron van ons behoeftes en ons moet met afwagting na Hom kyk.
Gebed: Here, vergewe my dat ek dink dat ander mense my probleme kan oplos, terwyl U die enigste Een is na wie ek myself regtig kan wend. Ek plaas my vertroue en sekerheid in U. Amen.